Katvis

· Penguin Random House South Africa
5.0
리뷰 6개
eBook
248
페이지
적용 가능
검증되지 않은 평점과 리뷰입니다.  자세히 알아보기

eBook 정보

Ná ’n huwelik van twaalf jaar waartydens sy aan Gerhardus se magsbeheptheid en seksuele sadisme onderwerp is, het Maria genoeg gehad. Op 10 April 2022 verlaat sy die Baai met net haar handsak, ’n koffer en haar viool in die kar. Sy wil die deur finaal toetrek op ’n lewe van aftakeling, perversie en die dreigemente waarmee Gerhardus haar sedert hul egskeiding aanhou teister. Nie eens haar ma, Selina, weet waarheen Maria op pad is om ’n nuwe begin te maak nie.Die enigste mens wat van haar planne bewus is, is Lukas Delport, eienaar van Matoli Meadow, ’n gastehuis op ’n plaas in die Maclear-distrik waar Maria haar voete as bestuurder gaan vind.Maar minute nadat sy op die plaas aankom, tref die godsverskrikkende wete haar dat al die jare saam met Gerhardus net ’n leerskool was om haar voor te berei op hierdie dag van
ontgogeling. Hier, in ’n donker kelder, gekatvis deur ’n gewetenlose bedrieër, is elke oorlewingsminuut suiwer grasie. Ná twaalf jaar is die skrywer van Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind en Thula-thula terug met ’n nuwe roman. Katvis gaan lesers opnuut onder die indruk bring dat Annelie Botes ’n storieverteller sonder gelyke is.

평점 및 리뷰

5.0
리뷰 6개

저자 정보

Annelie Botes is ’n kind van die Kammanassie naby Uniondale. Sy en Chris, alias die ou gryse, bly al vir meer as twee dekades in Gqeberha, voorheen Port Elizabeth. “Ek sal skryf tot die potlood in my kop stomp word, of tot ek dood neerslaan. Want skryf is vir my ’n sielsding.” Lugkasteel, Kainsmerk, Kammaland en Voetstoots het by Penguin Random House verskyn.

이 eBook 평가

의견을 알려주세요.

읽기 정보

스마트폰 및 태블릿
AndroidiPad/iPhoneGoogle Play 북 앱을 설치하세요. 계정과 자동으로 동기화되어 어디서나 온라인 또는 오프라인으로 책을 읽을 수 있습니다.
노트북 및 컴퓨터
컴퓨터의 웹브라우저를 사용하여 Google Play에서 구매한 오디오북을 들을 수 있습니다.
eReader 및 기타 기기
Kobo eReader 등의 eBook 리더기에서 읽으려면 파일을 다운로드하여 기기로 전송해야 합니다. 지원되는 eBook 리더기로 파일을 전송하려면 고객센터에서 자세한 안내를 따르세요.