’n Dans met die dood: Joernaal van ‘n anoreksielyer

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 review
Ebook
216
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Toe Aniel Botha sewentien jaar oud was, is haar jare lange, morbiede obsessie oor kos as anorexia nervosa gediagnoseer. Maar vir dié sensitiewe en begaafde skolier met ’n passie vir ballet was die woord ‘anorexia’, wat ‘aptytverlies’ beteken, eintlik ’n wanbenaming, want sy was gedurig honger - vir kos, vir rus, vir liefde en aanvaarding, maar veral vir die dood. Niemand, nie eens sy self nie, kon die redes vir haar selfvernietigende gedrag peil nie. Sy is uiteindelik op drie-en-twintigjarige ouderdom op aanbeveling van ’n sielkundige in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem. ’n Dans met die dood is Aniel se eie aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van dié hospitaal deurgebring het, en van die ander pasiënte wat sy daar ontmoet het. Die leser vergesel haar op haar pynlike reis terug van die afgrond, en kry onderweg diep ontstellende insigte in die gemoed van ’n anoreksielyer. Niks word verswyg nie - die leuens, die selfhaat, die komplekse en onstuimige liefde-haat-verhouding met kos, en die wanhopige hunkering na bevryding - of die dood.

Ratings and reviews

5.0
1 review

About the author

Aniel Botha het ’n BEd-graad aan die Universiteit van Stellenbosch en ’n MA in skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Sy is ook ’n gekwalifiseerde balletonderwyseres in die Cecchetti-metode. Wanneer sy nie skryf nie, bring sy graag tyd deur saam met haar geliefde hond, ’n mooi swart labrador genaamd Max. Haar toekomsdrome is onder meer om die wêreld te deurreis en nog baie ander boeke te skryf.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.