Kainsmerk

· Penguin Random House South Africa
4.7
리뷰 6개
eBook
272
페이지
적용 가능
검증되지 않은 평점과 리뷰입니다.  자세히 알아보기

eBook 정보

Annelie Botes het haarself oor en oor bewys as een van die voorste storievertellers in Afrikaans. Die korpus boeke wat uit haar pen verskyn het, staan onweerlegbaar as getuienis van ’n uitsonderlike talent. Deur die jare is ’n magdom tydskrifverhale, ’n genre wat dikwels verkeerdelik onderskat word, in tydskrifte soos Vrouekeur, Rooi Rose en Huisgenoot opgeneem. Kainsmerk bevat ’n keur van dié verhale wat deur die skrywer self uitgesoek is. Botes se karakters dra dikwels ’n teken van vervloeking wat hulle broos laat, en wat hulle vir die wêreld wil verberg. Isabella se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink. Sy droom van ’n dag waarop sy haar man se lyk in die put op die plaaswerf kan afgooi. Magdaleen bou ’n padstal en werk haar tot eelte terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy en haar regterhand Kaatjie tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Dalena, het geen behae in haar huwelik nie, maar een nag tydens ’n plaasaanval raak sy en haar man nét op mekaar aangewese. Sophia, ’n huishoudster wat tronkstraf vir diefstal uitgedien het, begin werk vir ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie. Marianna laat haar dominee-man agter en gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas. Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem. Annelie Botes se aanhangers sal saamstem: Hierdie is vertelkuns op sy beste.

평점 및 리뷰

4.7
리뷰 6개

저자 정보

Annelie Botes is ’n kind van die Kammanassie naby Uniondale. Sy en Chris, alias die ou gryse, bly al vir meer as twee dekades in Gqeberha, voorheen Port Elizabeth. “Ek sal skryf tot die potlood in my kop stomp word, of tot ek dood neerslaan. Want skryf is vir my ’n sielsding.” Lugkasteel, Kainsmerk, Kammaland en Voetstoots het by Penguin Random House verskyn.

이 eBook 평가

의견을 알려주세요.

읽기 정보

스마트폰 및 태블릿
AndroidiPad/iPhoneGoogle Play 북 앱을 설치하세요. 계정과 자동으로 동기화되어 어디서나 온라인 또는 오프라인으로 책을 읽을 수 있습니다.
노트북 및 컴퓨터
컴퓨터의 웹브라우저를 사용하여 Google Play에서 구매한 오디오북을 들을 수 있습니다.
eReader 및 기타 기기
Kobo eReader 등의 eBook 리더기에서 읽으려면 파일을 다운로드하여 기기로 전송해야 합니다. 지원되는 eBook 리더기로 파일을 전송하려면 고객센터에서 자세한 안내를 따르세요.