’n Affair om te vergeet: 'n Ware Verhaal

· Penguin Random House South Africa
3.0
2 reviews
Ebook
272
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

’n Affair om te vergeet is die ware verhaal van hoe die skryfster van haar man se affair uitgevind het, haar reaksie daarop, en hoe sy uiteindelik daarin geslaag het om vrede en aanvaarding te vind. Hoewel dit ’n beskrywing van haar persoonlike reis is, sal baie mense hulle met haar ondervinding kan vereenselwig: haar ongeloof en woede toe sy die boodskap op haar man se selfoon kry; die waansinnige en obsessiewe gesnuffel deur sy private dokumente en persoonlike besittings; die woede, seerkry en vernedering oor die verraad wat teen haar gepleeg is; die diep hartseer oor ’n verlore liefde; en laastens, deur ’n proses van pynlike selfontdekking en selfontleding, die besef dat dit alles ten goede was, dat sy nou sterker as ooit is.
’n Affair om te vergeet is ’n brutaal eerlike en onomwonde beskrywing van ’n affair. Maar alhoewel dit hoofsaaklik een vrou se verhaal is, lê dit ook ’n universele tema bloot: Hoe hanteer jy dit as dit met jou gebeur? Wat is jou reaksie, en hoe kom jy dit te bowe? Kan jy dit te bowe kom? Die skryfster voer onderhoude met etlike mense wie se lewens deur affairs geraak is, en vind gedurende dié pynlike, dikwels ontstellende proses die pad na haar eie geestelike vernuwing. Sielkundiges gee ook interessante professionele advies en ’n private speurder verstrek verbasende inligting.
Dit is nie ’n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar ’n opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak. Dit is in die eerste plek ’n bemoedigende en geestelike boek wat aanklank sal vind by die duisende mense wat op die een of ander manier geraak is deur ’n affair om te vergeet.

Ratings and reviews

3.0
2 reviews

About the author

Marie Opperman is ’n vryskutskrywer en -joernalis wat in Randburg woon. Sy is die medeskrywer van twee ander boeke, Die Stille Epidemie (The Hidden Epidemic in Engels) en The Ayur Veda Handbook, uitgegee deur Oshun Books.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.