Mariaan is โn mooi vrou wat nie liefde ken of vertrou nie. Sy het haar Groen Vingers-tuindienste, haar dieselbakkie, en darem die katte. Die enigste siel wat sy moet versorg, is Marius, โn parapleeg nรก sy ongeluk. Nie dat Marius dit waardeer nie. Nee, diรฉ vername skrywer neem dit vanselfsprekend aan en is boonop gruwelik onbeskof. Tot sy op โn dag haar voet neersit. Dis genoeg om Marius te laat nadink, en haar met ander oรซ te begin agternakyk. Want hy is โn man, al kan hy nie meer sy bene gebruik nie. Iewers in die Karoo, in โn gewyde kerkie, word Mariaan en Marius baie stil. En daardie nag is die sterre baie helder. Toe hulle terugkeer Kaapstad toe, het iets in albei se harte gebeur. Maar โn man in โn rolstoel kan nie op sy knieรซ gaan om die vraag te vra nie. Veral nie โn man met โn verlede nie. Dit neem tyd om te leer vergifnis en liefde is soos โn suurlemoenblaartjie: Dit moet kneus voor jy met daardie wonderlike geur beloon word.