Seisoen van vervulling

· Seisoen van-reeks Book 3 · Penguin Random House South Africa
Ebook
214
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Emily is in Noorweë waar twee lede van die uitgebreide familie – die clan – trou. Daarna gaan sy alleen deur Europa toer. Maar in die paar dae rondom die troue gebeur daar in die pragtige land van sneeu, stilte en lig iets wat haar en Ben se lewe onherroeplik verander. Terug in Suid-Afrika moet sy die gevolge daarvan dra. Tog, dit is wat sy wou hê, is dit nie? Ja, maar nie só nie. Eers het sy nie die moed om dit vir iemand te vertel nie, maar dit is nie die soort ding wat mens kan wegsteek nie. Soos die sorgelose Ben ook nie sy donker geheim kon wegsteek nie, al het dit niks met Emily of die clan te doen nie. Die clan is al deur baie rampspoed getref, wat hulle verwerk het en waarin hulle mekaar ondersteun het. Emily en Ben is net nie so seker hulle twee sal dit kan verwerk nie. Dit was immers hulle onbesonnenheid. En al twee is vrye geeste …

About the author

Dwarsdeur Alta Cloete se geseënde jare as bibliotekaresse, voltydse ma, Graad R-juffrou en skoolbibliotekaresse het die behoefte om te skryf in haar agterkop bly knaag. Om stories in jou kop te hê, is egter een ding – maar om hulle op papier te sit, is weer heeltemal ’n ander saak. Die tyd, die energie en die selfvertroue was net nooit daar nie. En die frustrasie het net aanhou opbou.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.