’n Duisend keer ja

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
111
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

By die Nampo-oesdag loop Christabella haar vas in Le Roux, ’n blou-oog marmerman, wat haar verkeerd opvryf. Le Roux is haar swaer se vriend en hulle sien mekaar nou noodgedwonge gereeld – dan spat die vonke.

Christabella is in Kroonstad om ongerymdhede by ’n tak van haar werk te ondersoek.

Henk, met sy gladde mond, gooi sommer van dag een af flikkers by haar, maar dis Le Roux wat haar hart laat bokspring.

Toe daar wel ’n slang in die gras by haar werk is, vind sy tot haar ontsteltenis uit sy is kniediep daarby betrokke en haar “bedrog” het alles te make met Le Roux en sy ouma se plaas!

Le Roux maak geen geheim daarvan dat hy dink sy is skuldig nie. Christabella slaag daarin om die ware skuldiges te ontmasker, maar die vraag is: Sal sy Le Roux ooit weer kan vertrou? En hy vir haar?

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

Felicia Snyman is in Springs gebore. Sy het ná skool haar LLB by die Universiteit van Pretoria verwerf. Felicia is tans ’n prokureur en voltydse dosent in regsgeleerdheid. Felicia spog ook as ’n gepubliseerde romanseskrywer. Van die inspirasie vir haar skryfwerk spruit uit haar werk as ’n egskeidingsprokureur en gesprekke met haar hartsmense. Sy sien die hartseer gedeeltes van ander raak waarin daar soveel potensiaal vir ’n gelukkige einde opgesluit lê. Sy woon tans in Centurion saam met haar man en kinders.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.