Wrok

· Penguin Random House South Africa
4,5
2 resensies
E-boek
280
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Een stad. Vyf mense. Wraak se bloedspoor.
die slagoffer en sy suster
Freya Rust glo sy weet alles van haar tweelingbroer Ben, maar wanneer hy vermoor word, besef sy sy lewe was vol geheime. Sy is vasberade om sy dood te wreek, al kos dit wat.
die onderwyser
Rugby-afrigter meneer Oktober het sy hande vol met sy wilde tienerdogter, maar dit is sý duister verlede wat by hom spook wanneer hy snags in Pretoria met ’n gelaaide vuurwapen ronddwaal.
die dwelmhandelaar
Slick se wrede mentorskap by Mama Afrika leer hom moord en mag loop hand aan hand. Hy regeer sy dwelmkoninkryk met ’n ystervuis.
die speurder
Benjamin Rust se moordsaak land op inspekteur Nolwazi Mngadi se lessenaar. In die korrupte slangnes van ’n polisiestasie in Pretoria begin sy met haar ondersoek.
Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? En wat is vergelding se prys?
Wrok breek die misdaadroman se reëls en werp lig op die morsige gevolge van verdriet, woede en wraak.

Graderings en resensies

4,5
2 resensies

Meer oor die skrywer

Beyers de Vos is ’n skrywer, redakteur en joernalis. Hy was die prosaredakteur van die literêre tydskrif New Contrast en het ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Wrok is sy eerste roman.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.