Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy âounooiâ; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy âkapteinâ; haar priestervriendin Sally noem haar âNicâ. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy âkaptein De Weeâ heet.
Die nag toe hulle na ân brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hÃĒ nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei.
Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman staan nie. Sy het self ân geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ân potjie maak.