Toe als groen was

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 則評論
電子書
336
頁數
符合資格
評分和評論未經驗證 瞭解詳情

關於這本電子書

Normaal. Daai woord, daai ding wat ek nooit sal wees nie.

Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.

Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ’n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie.

’n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.

Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was.

評分和評論

5.0
1 則評論

關於作者

An-Mari do Carmo word as tuisskoolkind groot op ’n plaas in Noordwes, waar sy van kleins af ’n liefde ontwikkel vir lees en skryf. Van graad 10 tot matriek woon sy Domino Servite School by op die KwaSizabantu Sending in KwaZulu-Natal, die kultus waarin sy grootgemaak is. In 2017 behaal sy haar BA-graad in Taal en Literatuurstudie, met Skryfkuns as hoofvak, aan die NWU-Potchefstroom. Nadat sy vir sewe maande in Frankryk gewerk het, begin sy in 2018 vir LAPA Uitgewers werk as kinder- en jeugboekredakteur en werk vandag steeds voltyds vir Penguin Random House. Haar introvert-hart geniet dit tans om van haar huis in Klerksdorp te werk. Sy bly saam met haar man, Walter, en versamel meer boeke as waarvoor hulle plek het. Toe als groen was is haar debuutroman.

為這本電子書評分

請分享你的寶貴意見。

閱讀資訊

智能手機和平板電腦
請安裝 Android 版iPad/iPhone 版「Google Play 圖書」應用程式。這個應用程式會自動與你的帳戶保持同步,讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
手提電腦和電腦
你可以使用電腦的網絡瀏覽器聆聽在 Google Play 上購買的有聲書。
電子書閱讀器及其他裝置
如要在 Kobo 等電子墨水裝置上閱覽書籍,你需要下載檔案並傳輸到你的裝置。請按照說明中心的詳細指示,將檔案傳輸到支援的電子書閱讀器。