Thomas@omnibus 2 (sms; nagmerrie; aksie)

· Thomas@ · Penguin Random House South Africa
eBook
416
페이지
적용 가능
검증되지 않은 평점과 리뷰입니다.  자세히 알아보기

eBook 정보

Drie adrenalienbelaaide Thomas@-avonture in een omnibus! Die Thomas@-reeks is een van die grootste suksesverhale in die Afrikaanse kinderboekmark. Daar het oor die jare reeds 10 boeke in dié avontuurbelaaide topverkoper-reeks verskyn, sommige titels is in Engels vertaal, en Thomas en sy vriende se avonture het selfs tot ’n TV-reeks op kykNET gelei. Nou is drie van die gewilde Thomas@-stories in een waarde-vir-geld-omnibus beskikbaar. 1) [email protected]: Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes ’n nagmerrieondervinding in ’n hyser en dan word hy vir ’n week lank geskors omdat hy ’n boelie geslaan het. Om alles te kroon begin ’n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad ... 2)[email protected]: Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou – Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie maar Fleur is darem wraggies mooi ... Maar alles is nie pluis nie. Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos die plek waar die graadneges gaan kampeer? 3) [email protected]: Almal is baie opgewonde oor Thomas se kans om ’n sepiester te wees. Hy het immers ’n rol gekry in Die Malans van Marthaheim - die gewildste TV-reeks ooit! En sy mede-ster is boonop die aantreklike Fleur Vermaak. Maar kort voor lank begin Thomas vreemde dreigbriewe kry...

저자 정보

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het groot geword in Pretoria en Kaapstad. Na matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds vyf maal gewen.

이 eBook 평가

의견을 알려주세요.

읽기 정보

스마트폰 및 태블릿
AndroidiPad/iPhoneGoogle Play 북 앱을 설치하세요. 계정과 자동으로 동기화되어 어디서나 온라인 또는 오프라인으로 책을 읽을 수 있습니다.
노트북 및 컴퓨터
컴퓨터의 웹브라우저를 사용하여 Google Play에서 구매한 오디오북을 들을 수 있습니다.
eReader 및 기타 기기
Kobo eReader 등의 eBook 리더기에서 읽으려면 파일을 다운로드하여 기기로 전송해야 합니다. 지원되는 eBook 리더기로 파일을 전송하려면 고객센터에서 자세한 안내를 따르세요.