Steve Hofmeyr 50

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 review
eBook
224
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige aantal toegewyde bewonderaars.
Die boek bevat foto’s uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke man en Egoli. Dit volg sy loopbaan as ’n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s met byskrifte wat Steve self geskryf het.
Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier, en is ’n moet-hê vir al sy bewonderaars.

Ratings and reviews

5.0
1 review

About the author

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ’n topverkoper in 2008, en sy drie romans – Vier briewe vir Jan Ellis (2010), Die verste uur (2011) en Kapabel (2012) – is gunstig deur kritici ontvang.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.