Salemstraat

· Penguin Random House South Africa
I-Ebook
192
Amakhasi
Kufanelekile
Izilinganiso nezibuyekezo aziqinisekisiwe  Funda Kabanzi

Mayelana nale ebook

Salemstraat is ’n straat soos enige ander in die voorstede. Behalwe dat dit in ’n geslote sirkel rondom ’n speelparkie vorm. Salemstraat se mense roem hulself daarop dat hulle mekaar ken en omgee vir mekaar (“ons is close hier in die close”), maar agter geslote deure het elkeen sy geheimpie. Wanneer Emilee se man MJ tydens sy veertigste verjaardagpartytjie wegraak, begin die straat gons. Almal het ’n ander storie, ’n nuwe staaltjie, ʼn geheim of twee wat skielik uitkom. Almal wil weet: Is Emilee verantwoordelik?
Huishoudings is verdeeld oor Emilee. Stefanus, oud-weermagman, glo byvoorbeeld vas Emilee is ʼn regte “kortgat korporaal”, terwyl sy vrou weer sê dat MJ ʼn “vreemde man” is. Annique is die meeste vroue in die straat se skoonheidsdeskundige; oor mani’s en pedi’s hoor sy meer as wat mens dink. Alexandra, die Russiese gypsy, het ʼn skelm verhouding met MJ gehad – en sy het hom juis gewaarsku dat dit slegte karma is om jou veertigste te vier; jy nooi die dood in jou huis. Devon spandeer meer tyd in die gewelddadige alternatiewe wêreld van rekenaarspeletjies as die werklikheid om hom. En Riaan, ’n misdaadjoernalis, wat pas ingetrek het in Salemstraat, het juis gehoop hy kan wegkom van misdaad.
Satan het nog altyd in die suburbs geskuil. Almal steek hier hul geraamtes in duur, ingeboude hangkaste weg. En dit neem nie veel om dit te laat uittuimel nie.

Mayelana nomlobi

Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as
30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie
in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, rooi rose,
Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy. Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger,
Rapport en Sunday Times. Sy het agt romans op haar kerfstok – Sin, Sushi &<br>Survival, Still Standing, Seks, leuens en die internet, Agter grendels, V-Verhale,
Die kontrak, Dominique en Die bewonderaar. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24
wat dikwels die manlike geslag ontstig.

Nikeza le ebook isilinganiso

Sitshele ukuthi ucabangani.

Ulwazi lokufunda

Amasmathifoni namathebulethi
Faka uhlelo lokusebenza lwe-Google Play Amabhuku lwe-Android ne-iPad/iPhone. Livunyelaniswa ngokuzenzakalela ne-akhawunti yakho liphinde likuvumele ukuthi ufunde uxhunywe ku-inthanethi noma ungaxhunyiwe noma ngabe ukuphi.
Amakhompyutha aphathekayo namakhompyutha
Ungalalela ama-audiobook athengwe ku-Google Play usebenzisa isiphequluli sewebhu sekhompuyutha yakho.
Ama-eReaders namanye amadivayisi
Ukuze ufunde kumadivayisi e-e-ink afana ne-Kobo eReaders, uzodinga ukudawuniloda ifayela futhi ulidlulisele kudivayisi yakho. Landela imiyalelo Yesikhungo Sosizo eningiliziwe ukuze udlulise amafayela kuma-eReader asekelwayo.