Rimpelinge

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 resensie
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Elani is oortuig mans raak nie sommer aangetrokke tot haar nie weens haar reputasie as syferkop en boekwurm. Wanneer sy vir Rick op Bietjiebaai ontmoet, is dinge egter ’n ander saak. Rick word bekoor deur haar kinderlik onskuldigheid oor die liefde. Hy terg haar genadeloos en lok haar uit om nuwe dinge te waag.Rick het Bietjiebaai toe gekom om sy biologiese pa op te spoor. Wanneer hy hom vind, worstel hy om hom te konfronteer, want hy voel te wrewelrig teenoor die knorpot wat hom en sy ma byna dertig jaar gelede in die steek gelaat het. Elani stoei weer met die onregverdigheid van die lewe wat haar ouers op ’n jong ouderdom van haar weggeneem het. Rick moet leer vergewe, en Elani moet leer aanvaar. Bowenal moet albei besef dat God ’n groter plan het vir hul lewens.

Graderings en resensies

5,0
1 resensie

Meer oor die skrywer

p>Madelie Human is al ’n hele paar dekades gelukkig getroud met ’n wonderlike man wat steeds haar knieë lam maak. Sy wens haar lesers ook daardie koestering en vervulling toe. Met haar inspirasieverhale poog sy om mense te laat voel dat daar altyd hoop is op ’n gelukkiger toekoms. Madelie se romantiese fantasie bring sprankel en verwondering in elke liefdesverhaal. In haar meer kontemporêre romanses bied sy haar lesers ’n tikkie humor en liefde wat enigiets kan oorwin.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.