Retoer: Pretoria - Provance

· Penguin Random House South Africa
电子书
160
符合条件
评分和评价未经验证  了解详情

关于此电子书

Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence! Retoer: Pretoria – Provence is ’n bundel van dié bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in ’n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met ’n ATKV-mediaveertjie vereer is. Dié “meisie van die suburbs” , soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld: van haar jeugherinneringe – haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was – tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor ’n tiekieboks, die karre van haar kleintyd (’n bruin Opel en ’n geel Kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang. Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies” . Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oë laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op ’n sielsreis neem.

作者简介

Afgesien van haar gewilde boeke vir volwasse lesers, soos Griet skryf ’n sprokie, Dis koue kos, skat en Die blou van onthou, wat van haar ’n huishoudelike naam gemaak het, is Marita van der Vyver ook ’n bekroonde kinderboekskrywer. Haar jeugroman Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom het die Sanlamprys verower en is verfilm, en sy het ook die Tienie Holloway-medalje en die M.E.R.-prys verower. Marita woon tans op die Franse platteland saam met haar man, Alain, en vier kinders.

为此电子书评分

欢迎向我们提供反馈意见。

如何阅读

智能手机和平板电脑
只要安装 AndroidiPad/iPhone 版的 Google Play 图书应用,不仅应用内容会自动与您的账号同步,还能让您随时随地在线或离线阅览图书。
笔记本电脑和台式机
您可以使用计算机的网络浏览器聆听您在 Google Play 购买的有声读物。
电子阅读器和其他设备
如果要在 Kobo 电子阅读器等电子墨水屏设备上阅读,您需要下载一个文件,并将其传输到相应设备上。若要将文件传输到受支持的电子阅读器上,请按帮助中心内的详细说明操作。