Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence! Retoer: Pretoria โ Provence is โn bundel van diรฉ bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in โn rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met โn ATKV-mediaveertjie vereer is. Diรฉ โmeisie van die suburbsโ , soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wรชreld: van haar jeugherinneringe โ haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was โ tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor โn tiekieboks, die karre van haar kleintyd (โn bruin Opel en โn geel Kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang. Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariรซrs en die verskriklike vrees vir โverdagte knoppiesโ . Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oรซ laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op โn sielsreis neem.