Moordvis

· Penguin Random House South Africa
4,6
5 resensies
E-boek
304
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

’n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van ’n jong joernalis – sonder haar arm.
Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken.
Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie ’n ryding nie nadat ’n inwoner – ’n aantreklike een daarby – met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het.
Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van ’n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur ’n soortgelyke trok getref is.
Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar?
Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as ’n haaihokduik – sonder die hok.

Graderings en resensies

4,6
5 resensies

Meer oor die skrywer

Irna van Zyl is die skrywer van die gewilde misdaadromans Moordvis, Gifbeker en Bloedsteen. Op ’n mooi dag is haar eerste sielkundige riller. Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en was ’n redakteur en entrepreneur. Irna het talle pryse vir haar werk ontvang, onder meer die Orde van Tafelberg vir haar sakeprestasie. Sy woon in Kaapstad en Hermanus.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.