Mense van my asem

· Penguin Random House South Africa
E‑kniha
425
Stránky
Vhodná
Hodnocení a recenze nejsou ověřeny  Další informace

Podrobnosti o e‑knize

In Mense van my asem vertel Steve Hofmeyr uiteindelik sy lewensverhaal, in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke. Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het. Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê - sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings, sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het. Hierdie boek gee ’n boeiende - en soms skokkende - kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

O autorovi

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was ’n topverkoper in 2008, en sy drie romans – Vier briewe vir Jan Ellis (2010), Die verste uur (2011) en Kapabel (2012) – is gunstig deur kritici ontvang.

Ohodnotit e‑knihu

Sdělte nám, co si myslíte.

Informace o čtení

Telefony a tablety
Nainstalujte si aplikaci Knihy Google Play pro AndroidiPad/iPhone. Aplikace se automaticky synchronizuje s vaším účtem a umožní vám číst v režimu online nebo offline, ať jste kdekoliv.
Notebooky a počítače
Audioknihy zakoupené na Google Play můžete poslouchat pomocí webového prohlížeče v počítači.
Čtečky a další zařízení
Pokud chcete číst knihy ve čtečkách elektronických knih, jako např. Kobo, je třeba soubor stáhnout a přenést do zařízení. Při přenášení souborů do podporovaných čteček elektronických knih postupujte podle podrobných pokynů v centru nápovědy.