Maanschijnbaai 1: Jo & Sue

· Maanschijnbaai Book 1 · Penguin Random House South Africa
eBook
410
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more

About this eBook

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak. Die M-baaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan ’n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho. Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die Calitz-slette nie toe nie.

About the author

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

Rate this eBook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Centre instructions to transfer the files to supported eReaders.