In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ân vliegtuig geklim het om in Engeland ân ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ân hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wÊÊr Engeland toe. DiÊ keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ân grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ân kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ân vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar ân wegkruipplek te skep, rig sy ân antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ân plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. HoÃĢr en verder as wat ons ooit kon droom.