Liefde vind ’n pad (Mega-Omnibus)

· Penguin Random House South Africa
Электрондық кітап
640
бет
Жарамды
Рейтингілер мен пікірлер тексерілмеген. Толығырақ

Осы электрондық кітап туралы ақпарат

Liefde vind'n pad is'n samestelling van vier van gewilde Elsa Winckler se vorige Romanzas Perfekte formule, Liefde sonder voorbehoud, Byvoordele gewaarborg en Brug na haar hart.

Perfekte formule:
Elena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in'n wynkelder. Ervaring het sy nie, maar sy moet gou leer want hier moet alles vinnig gebeur. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oë en verskeie gebreekte vroueharte op sy kerfstok.

Elena dans egter nie na sy pype nie en maak geen geheim daarvan dat sy nooit op'n plaas sal aard nie. Buitendien sal dit nooit tussen hulle werk nie want hy verkies'n meisie met ervaring, en Elena het nog nooit eens'n vaste verhouding gehad nie.

En tog, ervaring op die gebied van die liefde kan blykbaar verbasend maklik opgedoen word ...

Liefde sonder voorbehoud:
Selfs'n internasionale model se hartsbegeerte word nie noodwendig vervul nie. Dit weet Lynette maar alte goed sedert hierdie man twee jaar gelede haar lewe ingestap het. Alles het so goed gelyk, tot sy weer New York toe moes gaan. Wat help dit in elk geval? Hy glo nou eenmaal die lewe gaan vir haar oor haar voorkoms, die loopplank en publisiteit. Van haar ander kant weet hy nie, dié kant wat vermurwe voor hawelose kinders en diere. En sy gaan hom dit nie vertel nie. Ook nie dat sy beplan om'n wesie aan te neem nie. Hy voel immers nie op sy gemak oor die idee van kinders nie.

Byvoordele gewaarborg:
Lichen glo sy is'n koue vrou, maar dan ontmoet sy vir Regard, wat haar bloed laat bruis en haar hartklop op loop jaag. Regard sien egter nie kans vir'n langtermynverhouding nie, wel vir'n vriendskap met byvoordele. Wanneer Lichen vir Regard liefkry, weet sy, sy gaan hom verloor, want liefde is nie deel van hulle ooreenkoms nie. Dis juis daar waar die knoop lê, want Regard trap in sy eie strik en weet nie hoe om daaruit te kom nie. Met alle misverstande uit die weg geruim, sluit hulle'n nuwe ooreenkoms waarin'n trouring, babas en vir ewig die gewaarborgde byvoordele is, want van wanneer af laat die liefde hom voorskryf?

Brug na haar hart:
Eva loop Henno ná vyf jaar onverwags raak en besef sy het hom nog geensins vergeet nie — ook nie die soen van destyds wat haar bestaan tot in sy wortels geruk het nie. Hulle bring'n onvergeetlike tydjie in die Tankwa Karoo deur, maar Eva weet daar sal nooit iets blywends tussen hulle kan wees nie, want Henno glo nie aan langtermynverhoudings nie en sy begeer'n tradisionele sprokieshuwelik met al sy lief en leed.

Eva aanvaar die onvermydelike en gaan weer met Pieter uit. Dit is egter in Japan waar sy dit wat sy nie kon glo nie, voor haar oë sien en weet die brug na haar hart is nie'n hersenskim nie.

Авторы туралы

Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Sy kom uit ’n agtergrond in opvoedkunde, en is op 40 weer terug universiteit toe om ’n Honneurs en MPhil te voltooi. Haar man is haar studenteliefde en na 44 jaar saam, drie interessante kinders en ’n kroos kleinkinders, maak hy nog altyd haar knieë lam, soos dit ’n goeie held betaam. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.

Осы электрондық кітапты бағалаңыз.

Пікіріңізбен бөлісіңіз.

Ақпаратты оқу

Смартфондар мен планшеттер
Android және iPad/iPhone үшін Google Play Books қолданбасын орнатыңыз. Ол аккаунтпен автоматты түрде синхрондалады және қайда болсаңыз да, онлайн не офлайн режимде оқуға мүмкіндік береді.
Ноутбуктар мен компьютерлер
Google Play дүкенінде сатып алған аудиокітаптарды компьютердің браузерінде тыңдауыңызға болады.
eReader және басқа құрылғылар
Kobo eReader сияқты E-ink технологиясымен жұмыс істейтін құрылғылардан оқу үшін файлды жүктеп, оны құрылғыға жіберу керек. Қолдау көрсетілетін eReader құрылғысына файл жіберу үшін Анықтама орталығының нұсқауларын орындаңыз.