Magda Schmidt is die skrywersnaam van Annette Jordaan. Sy het in 2015 afgetree ná ongeveer 20 jaar as dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Sy is al 46 jaar getroud met Chris Jordaan. Sy is van kleins af dol oor stories en glo vas in liefde en romanse.