Francois was gebore in Zimbabwe en het groot geword in Suid Afrika na sy fmilie in 1980 geimmigreer het. Hy het altyd ‘n passie gehad vir die lees en skryf van boeke maar het eers in 2010 begin skryf nadat hy sy koperatiewe loopbaan van meer as 20 jaar verlaat het. Francois het tot op hede al 11 boeke in “Die Woudties” reeks gekskryf Na afhandeling van “Die Woudties” reeks het Francois nog ‘n kinder boek getitel “Die kielie boom” uitgebring wat later die jaar gepubliseer sal word nadat dit klaar geïllustreer is. Additionele boeke deur Francois geskryf sluit in ‘n self-help boek getitel "Creating Personal Success - Take Charge to reach for Your Stars". Die boek is geinspireer deur Francois se persoonlike ontwikkeling en lewens ervaringe. Huidiglik werk hy aan sy eerste fantasie roman. Hy woon op die oomblik in Suid Afrika saam met sy vrou en twee dogters.