Blinkpoets die liefde & Skurwe hande wat kan

· Penguin Random House South Africa
Ebook
60
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Blinkpoets die liefde – Jessica Venter. Tanya het meer as ’n dekade gelede weggestap van Gerhard en hy het haar laat gaan. Nou is sy terug en moet hard baklei teen die aantrekkingskrag wat sy vir hom voel. Hulle kan nie weer die paadjie stap nie. Sy het mos geleer dit kan nie werk tussen hulle nie, maar haar hart stry ewe hard terug. BONUSKORTVERHAAL! Skurwe hande wat raakvat – René van Zyl. Sanmarie se ma wil oor ’n maand trou! Daarom beraam sy en Johan, die oom se kleinseun, ’n plan om die troue te stop. Dis net jammer dat Johan se effe skurwe hande, haar aandag aftrek. Dit voel eintlik half sexy.

About the author

Jessica Venter is ’n bekende romanse skrywer van Randfontein, wat gebore en grootmaak was in Pretoria deur haar enkelouerma. Jessica het al 13 publikasies onder haar belt, waarvan vier titels as e-boeke by LAPA Uitgewers verskyn het onder die RomanzaLiefde druknaam: Beter vir haar hart (Junie 2018); In haar wildbewaarder se arms (September 2018); Bosveld paradys se nuwe sjef (Februarie 2019) en Blinkpoets die liefde (Junie 2019). Haar stokperdjies het nog altyd lees en skryf ingesluit, maar haar passie vir skryf het eers ’n paar jaar gelede ontpop. In 2016, voltooi sy ’n kortverhaal skryfkursus deur Die Skryfbesigheid. Daarna het nog skryfkursusse gevolg deur Liberty University onder Karen Kingsbury en ’n ses maande kursus in die kuns van romances skryf onder Madelie Human. Jessica se een digbundel het ook laas jaar derde plek behaal by Ink se kompetisie. Jessica het ’n toeganglike skryfstyl waarby baie lesers aanklank sal kan vind. Sy is ook baie lief vir verf, veral lapverf maar soms waag sy haar hand aan olieverf. Sy is ook ’n vrywilliger by The Dachshund Haven en sy doen weekliks al hulle Facebook plasings en hanteer al hulle administrasie. Jessica het haar man ontmoet toe sy 16 jaar oud was en hulle is al van daai tyd af saam. Sy is sekretarieël opgelei by Randfontein Kollege maar haar man het sy eie vervoermaatskappy, dus doen sy al die kantoor werk vir hom vir baie jare. Die paartjie is al 17 jaar getroud en hulle het twee pragtige kinders, Armand en Bianca.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.