In twee geskeur

· Penguin Random House South Africa
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Die De Vries-tweeling lyk eenders. Jakob se oë kyk egter tot diep in Helena se siel en woel ongekende dinge in haar los – sóndige dinge. Hoe kan sy so aangetrokke tot hom wees terwyl sy verloof is aan sy broer, Daniel? Om enige misverstande te voorkom, besluit Helena om Jakob in die geheim te gaan ontmoet voor sy die volgende dag met Daniël trou. Dit loop uit op ‘n soen wat verbode begeertes in haar aanwakker en haar net meer verwar. Moet sy na Jakob luister en haar huwelik met Daniël afstel? Wanneer Helena en die De Vries-broers saam met ander emigrante die Kaapkolonie verlaat, bly haar hart egter na Jakob hunker. Boonop is dit onmoontlik om hom op die trek te vermy. Sal sy en Jakob daarin slaag om hul liefde vir Daniël weg te steek? Nog belangriker: Sal sy haar hart te teenoor Jakob kan sluit?

Meer oor die skrywer

Lizelle von Wielligh is op haar gelukkigste in die natuur waar sy naby aan haar Skepper is. Haar dag begin gewoonlik met ‘n wandeling deur die denneplantasies. Só voed sy haar siel en kry haar gedagtes vrye teuels om haar stories te beplan. Sy het ‘n BCompt-graad (reken­ingkunde) aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi. Haar roeping om liefdesverhale te skryf, sal sy egter vir niks verruil nie. Deur karakters te skep, kry sy kans om in ander mense se skoene te staan. Dit het haar ‘n deernis en liefde vir haar medemens gegee en haar geloofslewe verryk.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.