Huis van die wind

· Penguin Random House South Africa
電子書
292
符合資格
評分和評論未經驗證  瞭解詳情

關於本電子書

Haar loopbaan het haar buiteland toe geneem, sy hart lê hier in Afrika. Daar is Rosalie se ma, Henriëtte Jordaan, en haar onversetlike vooroordeel teenoor kwaMoyeni se mense; die sjef, Thandi, wat na haar kyk met haat en afkeer in haar donker oë; en die klein seuntjie, Danny, wat teen Juan-Carlos se bors aanleun en duidelik die man se hart in sy klein handjie hou. Toe Rosalie egter teen wil en dank vir Juan-Carlos D’Oliveira op kwaMoyeni moet gaan werk, kom sy stelselmatig tot die besef dat dít wat die gemeenskap – en veral haar ma – al die jare heen oor hom loop en skinder het, nie die volle waarheid is nie. Dis ’n fyn siel wat in daardie groot lyf woon, iemand met oneindige begrip en deernis vir mense, iemand wat haar weerstand dag na dag wegkalwe en haar weerloos voor die omvang van haar eie liefde laat. Maar dis eers toe sy die donker, wrede geheim ontdek wat op kwaMoyeni gehuisves word, dat sy besef: daar is ’n prys om te betaal, en sy is eintlik daarheen gebring om die rekening te vereffen. Gaan al die verskille, die misverstand, die manipulasie en die bagasie van die verlede hulle uitmekaar dryf, of kan liefde, vergifnis en aanvaarding die heling bring wat hulle al twee so nodig het?

關於作者

Sophia Kapp het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het ná haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as ’n Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van ’n barrista tot ’n persoonlike assistant tot ’n boekhouer in ’n bank. Sy skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, natuurlik, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings – onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse, issues, giftige vorige verhouding ... Vroue wat binne ’n geloofwaardige storie liefde saam met ’n geloofwaardige held vind. Sophia het drie ATKV-Woordveertjies vir liefdesromans ontvang en sy het ook al ’n paar Romanzas by LAPA Uitgewers gepubliseer. Wanneer sy nie stories skryf nie, is sy die taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die ma van ’n student en die ounooi van twee bedorwe honde.

為這本電子書評分

歡迎提供意見。

閱讀資訊

智慧型手機與平板電腦
只要安裝 Google Play 圖書應用程式 Android 版iPad/iPhone 版,不僅應用程式內容會自動與你的帳戶保持同步,還能讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
筆記型電腦和電腦
你可以使用電腦的網路瀏覽器聆聽你在 Google Play 購買的有聲書。
電子書閱讀器與其他裝置
如要在 Kobo 電子閱讀器這類電子書裝置上閱覽書籍,必須將檔案下載並傳輸到該裝置上。請按照說明中心的詳細操作說明,將檔案傳輸到支援的電子閱讀器上。