Dreunende Hoewe

ยท Sahara Avontuur Reeks เจ•เจฟเจคเจพเจฌ 7 ยท Treasure Chest Books
5.0
2 เจธเจฎเฉ€เจ–เจฟเจ†เจตเจพเจ‚
เจˆ-เจ•เจฟเจคเจพเจฌ
158
เจชเฉฐเจจเฉ‡
เจฏเฉ‹เจ—
เจฐเฉ‡เจŸเจฟเฉฐเจ—เจพเจ‚ เจ…เจคเฉ‡ เจธเจฎเฉ€เจ–เจฟเจ†เจตเจพเจ‚ เจฆเฉ€ เจชเฉเจธเจผเจŸเฉ€ เจจเจนเฉ€เจ‚ เจ•เฉ€เจคเฉ€ เจ—เจˆ เจนเฉˆ ย เจนเฉ‹เจฐ เจœเจพเจฃเฉ‹

เจ‡เจธ เจˆ-เจ•เจฟเจคเจพเจฌ เจฌเจพเจฐเฉ‡

DREUNENDE HOEWE - SAHARA AVONTUUR REEKS

Teuns Stegmann en van sy vriende ontsnap uit die vesting van die Doelaks in die Atlasgebergte, met โ€™n bomwerper. Hulle land daarmee in Dini Salam en vertel aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam, dat daar verskeie gaswapens in die vliegtuig is. Die dodelike gaswapens was bestem vir Brigitte Bonnet, leier van die Doelaks se aanval teen die Franse forte. Hulle verwag dat sy binnekort al die forte daarmee gaan aanval.

Dan bereik nog meer skokkende nuus hulle. Die heilige Swaard van Doetra word gesteel uit sy bewaring in die Franse hoofkwartier. Dit alleen is genoeg om feitlik al die Arabiere in die woestyn saam te laat staan, in hul stryd om die Franse juk finaal van hul skouers af te gooi. Kaptein Dโ€™Arlan, wat die bynaam Houdini van die woestyn gekry het, beraam โ€™n hoogs geheime plan wat hy aan kolonel Le Clerq voorlรช. Met tweehonderd manskappe tot sy beskikking vertrek hy kort daarna die woestyn binne, om sy plan in werking te gaan stel.

Brigitte Bonnet, vorstin en leier van die Doelaks stuur vyfhonderd ruiters na die eerste Franse fort, Fort Laval. Maar tot hul verbystering is die fort dolleeg, buiten een baie dronk manskap wat agter gebly het. Hy vertel hulle โ€™n verhaal wat hulle amper nie kan glo nie. Die Doelaks beset dadelik die fort en maak planne om die volgende fort, fort Petain te gaan aanval. Fort Laval is egter toe nie so leeg as wat hulle aanvanklik gedink het nie en kry hulle die verrassing van hul lewe. Een Doelak ontsnap egter die dood en verwoesting. Teuns, Fritz en Jack Ritchie word gestuur om hom agterna te sit en te verhoed dat hy alarm gaan maak by Brigitte se hoofmag, wat reeds op pad is om die fort Dini Salam te gaan aanval.

Kort voor lank word hulle in die woestyn oorval deur ses gewapende drosters van die Franse Vreemdelegioen. By hulle het hulle iets, so ongelooflik en so belangrik dat Teuns weet hulle moet so gou moontlik probeer ontsnap, om die uiters belangrike nuus so spoedig moontlik aan kolonel Le Clerq te gaan oordra. Met โ€™n baie slim set slaag Teuns daarin om hulle drie te bevry, maar hulle vlug en vreugde is van korte duur. โ€™n Patrollie van twintig Arabiere kry hul spoor en volg hulle genadeloos deur die woestyn, om die skat wat hulle gevind het, terug te kan kry.

Intussen weet nie Teuns-hulle of kolonel Le Clerq wat van Dโ€™Arlan geword het nie. Hy en sy tweehonderd manskappe het eenvoudig spoorloos verdwyn. Dan daag daar skielik โ€™n see van derduisende ruiters op wat Dini Salam heeltemal omring. Brigitte Bonnet het opgedaag saam met duisende ander Arabiere en berei hulle voor vir die finale aanval teen Dini Salam, die volgende oggend. Vanaf die borswering in Dini Salam, sien kolonel Le Clerq โ€™n eensame ruiter aangejaag kom na die hooftent van Brigitte Bonnet. Nie lank daarna nie, vertek sy en drieduisend ruiters in โ€™n stofwolk na Doetra, hulle eie vesting. Die onbekende ruiter word begelei deur sestig van Brigitte se lyfwag op spierwit perde. Kolonel Le Clerq kan nie verstaan wat aangaan nie en besef dat hulle posisie hopeloos is. Maar dan besluit hy om iets gewaagds aan die saak te doen voor die volgende oggend. โ€™n Rooi ligstraal wat agter die duisende aanvallers in die lug opgeskiet is, is die teken waarop hulle gewag het...

เจฐเฉ‡เจŸเจฟเฉฐเจ—เจพเจ‚ เจ…เจคเฉ‡ เจธเจฎเฉ€เจ–เจฟเจ†เจตเจพเจ‚

5.0
2 เจธเจฎเฉ€เจ–เจฟเจ†เจตเจพเจ‚

เจฒเฉ‡เจ–เจ• เจฌเจพเจฐเฉ‡

FRANCOIS ALWYN VENTERย -ย FA VENTERย (MEIRING FOUCHE,ย ELSKE TE WATER,ย RENE STEGMANN,ย MARIUS DE JONG)

FA Venter is โ€™n Hertzog-pryswenner vir literatuur en prosa.ย Hy is in Hopetown gebore en gradueeer in 1938 aan die Universiteit van Stellenbosch.ย Die jong FA Venter se skryftalent is vroeg reeds as joernalis waarneembaar en hy skryf ล‰ reeks boeke en gedigte wat die Afrikaanse leser diep raak, onder ander sy seminale werke Wit oemfaan, Die middag voel na warm as, Swart Pelgrim, Kambro-kind, Man van Cirรฉne en Geknelde Land.

FA Venter skryf verder avontuurverhale vir jonger lesers, onder die byname Meiring Fouchรจ, Elske te Water, Renรจ Stegmann en Marius de Jong.ย In sy later jare boer FA Venter in die Kenhardt-distrik en op die plaas Cirรจne, net buite Vredendal in die Olifantsriviervallei.ย Diรฉ geรซerde en gevierde skrywer bring sy laaste jare in Strand deur en ontvang ook ander belangrike toekennings vir sy werk, onder andere die Ruitertrofee van die Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse, die Andrew Murray prys en ล‰ ere-doktorsgraad aan die Universiteit van Port Elizabeth.ย Hy sterf in 1997.

Francois Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 July 1997) was a prominent Afrikaans writer of the 20th century.ย His novels explored biblical religious themes or cultural identities in the South African context.ย He was born in Hopetown and grew up on his parents' farm in the Britstown district.ย He studied at theUniversity of Stellenbosch and commenced a career as journalist in 1938.ย For 25 years he worked as a journalist in Cape Town, Pretoria, Windhoek and Johannesburg.ย He also wrote popular fiction, under the pseudonyms Meiring Fouchรฉ, Elske te Water, Renรฉ Stegmann and Marius de Jongh.ย 

F.A. Venter received the Hertzog Prize for prose in 1976 for his novels Swart Pelgrim and Geknelde land. For Kambro-kind he received the ruitertrofee (equestrian trophy) of the Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse in 1982.ย In 1981 the University of Port Elizabeth awarded him the honory degreeย D. Litt in recognition for his writings.ย In 1996 he received the Andrew Murray Prize for Literature. He was in addition a member of theMaatschappij der Nederlandse Letterkunde (a Dutch society for literature).ย F.A. Venter died in 1997.

(Info obtained from Wikipedia).

https://www.softcoverbooks.co.za

One of my lifelong passions is writing short stories, as well as editing and republishing the works of renowned authors, ensuring that these exceptional stories are rediscovered and enjoyed by a new audience.

เจ‡เจธ เจˆ-เจ•เจฟเจคเจพเจฌ เจจเฉ‚เฉฐ เจฐเฉ‡เจŸ เจ•เจฐเฉ‹

เจ†เจชเจฃเฉ‡ เจตเจฟเจšเจพเจฐ เจฆเฉฑเจธเฉ‹

เจชเฉœเฉเจนเจจ เจธเฉฐเจฌเฉฐเจงเฉ€ เจœเจพเจฃเจ•เจพเจฐเฉ€

เจธเจฎเจพเจฐเจŸเจซเจผเฉ‹เจจ เจ…เจคเฉ‡ เจŸเฉˆเจฌเจฒเฉˆเฉฑเจŸ
Google Play Books เจเจช เจจเฉ‚เฉฐ Android เจ…เจคเฉ‡ iPad/iPhone เจฒเจˆ เจธเจฅเจพเจชเจค เจ•เจฐเฉ‹เฅค เจ‡เจน เจคเฉเจนเจพเจกเฉ‡ เจ–เจพเจคเฉ‡ เจจเจพเจฒ เจธเจตเฉˆเจšเจฒเจฟเจค เจคเฉŒเจฐ 'เจคเฉ‡ เจธเจฟเฉฐเจ• เจ•เจฐเจฆเฉ€ เจนเฉˆ เจ…เจคเฉ‡ เจคเฉเจนเจพเจจเฉ‚เฉฐ เจ•เจฟเจคเฉ‹เจ‚ เจตเฉ€ เจ†เจจเจฒเจพเจˆเจจ เจœเจพเจ‚ เจ†เจซเจผเจฒเจพเจˆเจจ เจชเฉœเฉเจนเจจ เจฆเจฟเฉฐเจฆเฉ€ เจนเฉˆเฅค
เจฒเฉˆเจชเจŸเจพเจช เจ…เจคเฉ‡ เจ•เฉฐเจชเจฟเจŠเจŸเจฐ
เจคเฉเจธเฉ€เจ‚ เจ†เจชเจฃเฉ‡ เจ•เฉฐเจชเจฟเจŠเจŸเจฐ เจฆเจพ เจตเฉˆเฉฑเจฌ เจฌเฉเจฐเจพเจŠเจœเจผเจฐ เจตเจฐเจคเจฆเฉ‡ เจนเฉ‹เจ Google Play 'เจคเฉ‡ เจ–เจฐเฉ€เจฆเฉ€เจ†เจ‚ เจ—เจˆเจ†เจ‚ เจ†เจกเฉ€เจ“-เจ•เจฟเจคเจพเจฌเจพเจ‚ เจธเฉเจฃ เจธเจ•เจฆเฉ‡ เจนเฉ‹เฅค
eReaders เจ…เจคเฉ‡ เจนเฉ‹เจฐ เจกเฉ€เจตเจพเจˆเจธเจพเจ‚
e-ink เจกเฉ€เจตเจพเจˆเจธเจพเจ‚ 'เจคเฉ‡ เจชเฉœเฉเจนเจจ เจฒเจˆ เจœเจฟเจตเฉ‡เจ‚ Kobo eReaders, เจคเฉเจนเจพเจจเฉ‚เฉฐ เฉžเจพเจˆเจฒ เจกเจพเจŠเจจเจฒเฉ‹เจก เจ•เจฐเจจ เจ…เจคเฉ‡ เจ‡เจธเจจเฉ‚เฉฐ เจ†เจชเจฃเฉ‡ เจกเฉ€เจตเจพเจˆเจธ 'เจคเฉ‡ เจŸเฉเจฐเจพเจ‚เจธเจซเจฐ เจ•เจฐเจจ เจฆเฉ€ เจฒเฉ‹เฉœ เจนเฉ‹เจตเฉ‡เจ—เฉ€เฅค เจธเจฎเจฐเจฅเจฟเจค eReaders 'เจคเฉ‡ เฉžเจพเจˆเจฒเจพเจ‚ เจŸเฉเจฐเจพเจ‚เจธเจซเจฐ เจ•เจฐเจจ เจฒเจˆ เจตเฉ‡เจฐเจตเฉ‡ เจธเจนเจฟเจค เจฎเจฆเจฆ เจ•เฉ‡เจ‚เจฆเจฐ เจนเจฟเจฆเจพเจ‡เจคเจพเจ‚ เจฆเฉ€ เจชเจพเจฒเจฃเจพ เจ•เจฐเฉ‹เฅค

เจธเฉ€เจฐเฉ€เฉ› เจœเจพเจฐเฉ€ เจฐเฉฑเจ–เฉ‹

Meiring Fouche เจตเฉฑเจฒเฉ‹เจ‚ เจนเฉ‹เจฐ

เจฎเจฟเจฒเจฆเฉ€เจ†เจ‚-เจœเฉเจฒเจฆเฉ€เจ†เจ‚ เจˆ-เจ•เจฟเจคเจพเจฌเจพเจ‚