Die gawe van groen

· Penguin Random House South Africa
5,0
1 recensione
Ebook
248
pagine
Idoneo
Valutazioni e recensioni non sono verificate  Scopri di più

Informazioni su questo ebook

Droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was en die binneland staan op die drumpel van verval. Maar gerugte bereik die dorsland, stories van ’n meisie met ’n gawe, iemand wat weer die waters kan terug bring en die land van ’n droë dood kan red.

So word ’n kontrak vir ’n jong vrou se lewe gesluit. In ruil vir ’n reuse bruidskat, word Sati van die Suidland saam met ’n span soldate die dorre binneland ingestuur na ’n lewe wat sy haar nie kan indink nie. Gelukkig is daar een soldaat wat op die gevaarlike tog hom oor hul kosbare vrag ontferm.

Namate Sati egter meer uitvind van hierdie nuwe land en die mans wat dit beheer en bewaak, begin sy wonder of enigiemand die meisie agter die gawe raaksien. En wanneer hul planne vir haar duidelik word, begin Sati besef daar lê iets meer agter die groot groen wat in haar binneste groei.

Valutazioni e recensioni

5,0
1 recensione

Informazioni sull'autore

Elmarie Dercksen vertel nog altyd stories. Sy studeer musiek, letterkunde en teologie, waarmee sy ’n kreatiewe lewe bou. Sy is liedjiemaker, orkes-en koorleier, jazz-sanger, blogger, rubriekskrywer en gewilde spreker. Tans is sy predikant by die NG Kerk Bloubergstrand. Sy en haar gesin woon op Melkbosstrand, vanwaar sy oral pendel op haar motorfiets. Sy is lief vir mense, glo daarin om te lusiter, in te nooi en omarm, ongeag wie. Om ma te word was die mees kreatiewe werk wat sy nog moes doen. Sy skryf omdat sy nie langer kon uitstel nie. Dit is haar grootste avontuur en sy het nog baie stories om te vertel. Die gawe van groen is haar debuutroman.

Valuta questo ebook

Dicci cosa ne pensi.

Informazioni sulla lettura

Smartphone e tablet
Installa l'app Google Play Libri per Android e iPad/iPhone. L'app verrà sincronizzata automaticamente con il tuo account e potrai leggere libri online oppure offline ovunque tu sia.
Laptop e computer
Puoi ascoltare gli audiolibri acquistati su Google Play usando il browser web del tuo computer.
eReader e altri dispositivi
Per leggere su dispositivi e-ink come Kobo e eReader, dovrai scaricare un file e trasferirlo sul dispositivo. Segui le istruzioni dettagliate del Centro assistenza per trasferire i file sugli eReader supportati.