Die gawe van groen

· Penguin Random House South Africa
5.0
1 ግምገማ
ኢ-መጽሐፍ
248
ገጾች
ብቁ
የተሰጡት ደረጃዎች እና ግምገማዎች የተረጋገጡ አይደሉም  የበለጠ ለመረዳት

ስለዚህ ኢ-መጽሐፍ

Droogte wurg die lewe uit alles wat eens mooi was en die binneland staan op die drumpel van verval. Maar gerugte bereik die dorsland, stories van ’n meisie met ’n gawe, iemand wat weer die waters kan terug bring en die land van ’n droë dood kan red.

So word ’n kontrak vir ’n jong vrou se lewe gesluit. In ruil vir ’n reuse bruidskat, word Sati van die Suidland saam met ’n span soldate die dorre binneland ingestuur na ’n lewe wat sy haar nie kan indink nie. Gelukkig is daar een soldaat wat op die gevaarlike tog hom oor hul kosbare vrag ontferm.

Namate Sati egter meer uitvind van hierdie nuwe land en die mans wat dit beheer en bewaak, begin sy wonder of enigiemand die meisie agter die gawe raaksien. En wanneer hul planne vir haar duidelik word, begin Sati besef daar lê iets meer agter die groot groen wat in haar binneste groei.

ደረጃዎች እና ግምገማዎች

5.0
1 ግምገማ

ስለደራሲው

Elmarie Dercksen vertel nog altyd stories. Sy studeer musiek, letterkunde en teologie, waarmee sy ’n kreatiewe lewe bou. Sy is liedjiemaker, orkes-en koorleier, jazz-sanger, blogger, rubriekskrywer en gewilde spreker. Tans is sy predikant by die NG Kerk Bloubergstrand. Sy en haar gesin woon op Melkbosstrand, vanwaar sy oral pendel op haar motorfiets. Sy is lief vir mense, glo daarin om te lusiter, in te nooi en omarm, ongeag wie. Om ma te word was die mees kreatiewe werk wat sy nog moes doen. Sy skryf omdat sy nie langer kon uitstel nie. Dit is haar grootste avontuur en sy het nog baie stories om te vertel. Die gawe van groen is haar debuutroman.

ለዚህ ኢ-መጽሐፍ ደረጃ ይስጡ

ምን እንደሚያስቡ ይንገሩን።

የንባብ መረጃ

ዘመናዊ ስልኮች እና ጡባዊዎች
የGoogle Play መጽሐፍት መተግበሪያውንAndroid እና iPad/iPhone ያውርዱ። ከእርስዎ መለያ ጋር በራስሰር ይመሳሰላል እና ባሉበት የትም ቦታ በመስመር ላይ እና ከመስመር ውጭ እንዲያነቡ ያስችልዎታል።
ላፕቶፖች እና ኮምፒውተሮች
የኮምፒውተርዎን ድር አሳሽ ተጠቅመው በGoogle Play ላይ የተገዙ ኦዲዮ መጽሐፍትን ማዳመጥ ይችላሉ።
ኢሪደሮች እና ሌሎች መሳሪያዎች
እንደ Kobo ኢ-አንባቢዎች ባሉ ኢ-ቀለም መሣሪያዎች ላይ ለማንበብ ፋይል አውርደው ወደ መሣሪያዎ ማስተላለፍ ይኖርብዎታል። ፋይሎቹን ወደሚደገፉ ኢ-አንባቢዎች ለማስተላለፍ ዝርዝር የእገዛ ማዕከል መመሪያዎቹን ይከተሉ።