Die Verhuising

· Penguin Random House South Africa
Sách điện tử
324
Trang
Đủ điều kiện
Điểm xếp hạng và bài đánh giá chưa được xác minh  Tìm hiểu thêm

Giới thiệu về sách điện tử này

Danelle se eerste jaar op universiteit is allesbehalwe die opwindende nuwe begin waarna sy uitgesien het.

Sy is op ’n kampus waar sy nie wou wees nie, op ’n dorp waarvan sy nie hou nie en sy moet ’n huis deel met ’n ma wat stelselmatig al hoe meer beheer oor haar lewe verloor. Haar pa is in ’n nuwe verhouding en niks wat sy dogter oorkom, blyk hom te raak nie. Boonop raak sy verlief op die plaaslike rugbyheld, Wessel Greyling, wat haar eers aan ’n lyntjie hou en dan haar jong hart heeltemal vertrap.

Maar in dieselfde jaar leer sy ook die waarde van susterskap ken, besef sy dat die mense om haar elkeen ’n kruis het om te dra. En sy leer dat almal hulle seer anders verwerk en dat vergifnis dikwels die enigste manier is om heel te raak. Al wat sy nie weet nie, is of sy ná al die foute wat sy gemaak het, dit sal kan regkry om Lambert Volschenk, die SR-voorsitter-van-langsaan, se sterk, opregte liefde terug te wen.

Die Verhuising vorm ’n tweeluik saam met Driehoek wat tien jaar later afspeel en Tessa se storie is.

Giới thiệu tác giả

Sophia Kapp het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het ná haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as ’n Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van ’n barrista tot ’n persoonlike assistant tot ’n boekhouer in ’n bank. Sy skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, natuurlik, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings – onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse, issues, giftige vorige verhouding ... Vroue wat binne ’n geloofwaardige storie liefde saam met ’n geloofwaardige held vind. Sophia het drie ATKV-Woordveertjies vir liefdesromans ontvang en sy het ook al ’n paar Romanzas by LAPA Uitgewers gepubliseer. Wanneer sy nie stories skryf nie, is sy die taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die ma van ’n student en die ounooi van twee bedorwe honde.

Xếp hạng sách điện tử này

Cho chúng tôi biết suy nghĩ của bạn.

Đọc thông tin

Điện thoại thông minh và máy tính bảng
Cài đặt ứng dụng Google Play Sách cho AndroidiPad/iPhone. Ứng dụng sẽ tự động đồng bộ hóa với tài khoản của bạn và cho phép bạn đọc trực tuyến hoặc ngoại tuyến dù cho bạn ở đâu.
Máy tính xách tay và máy tính
Bạn có thể nghe các sách nói đã mua trên Google Play thông qua trình duyệt web trên máy tính.
Thiết bị đọc sách điện tử và các thiết bị khác
Để đọc trên thiết bị e-ink như máy đọc sách điện tử Kobo, bạn sẽ cần tải tệp xuống và chuyển tệp đó sang thiết bị của mình. Hãy làm theo hướng dẫn chi tiết trong Trung tâm trợ giúp để chuyển tệp sang máy đọc sách điện tử được hỗ trợ.