Die Spore Roep

· Sahara Avontuur Reeks Buch 9 · Treasure Chest Books
5.0
1 Rezension
E-Book
145
Seiten
Zulässig
Bewertungen und Rezensionen werden nicht geprüft  Weitere Informationen

Über dieses E-Book

DIE SPORE ROEP - SAHARA AVONTUUR REEKS

Die patrollie van sersant Catroux is nou al vir twee weke in die snikhete Sahara woestyn, maar tot op hede het hulle nog niks gewaar om oor terug te rapporteer aan die basis nie. Op pad terug na Dini Salam merk sersant Catroux deur sy verkyker ʼn swart bondel op, op een van die hoë sandduine met hordes aasvoëls wat daar rond draai. Hulle besluit om nadere ondersoek te gaan instel, maar daar ontdek hulle toe twaalf verminkte Arabiere. Dit slaan hulle skoon dronk, want Arabiere maak nie sommer hulle eie ras dood nie. Die raaisel verdiep egter toe die Suid-Afrikaner, Teuns Stegmann, iets van suiwer goud in die sand optel en waarvoor hulle geen verklaring kan vind nie. Terwyl hulle die spore van die moordenaars volg, ontdek hulle nog meer leidrade wat hulle op die spoor hou van die onbekende aanvallers.

Nie lank nie of hulle kom op ʼn oase af en daar vind hulle ʼn blanke man, vasgemaak in een van die leë hutte en wat al byna opgevreet is deur rotte. Voor hy sterf prewel hy net iets van ʼn snelgeweer. Die klompie Legioenmanne se situasie vererger die volgende oggend toe hulle ontdek dat een van hulle manne verdwyn het. Hulle slaag uiteindelik daarin om weer op die geheimsinnige aanvallers se spoor te kom. Na ʼn klompie ure kom hulle op ʼn verdwaalde perd af en ook dit maak vir hulle geen sin nie. Hulle slaag daarin op die perd te vang en daarmee word Teuns Stegmann gestuur om vooruit verkenning te gaan doen. Skaars is hy weg of hulle kom op nog ʼn pragtige swart perd af, wat lyk asof dit aan een of ander sjeik behoort. Die keer slaag hulle egter nie daarin om die perd te vang nie.

Teuns is warm op die spoor van die aanvallers, maar dan word sy perd onder hom doodgeskiet en moet hy veg vir sy lewe. Hy oorleef die aanval en soos ʼn Doelak vermom stap hy die kamp van die aanvallers binne. Teen die tyd weet Teuns aan wie die voorwerpe behoort en daarom probeer hy die raaisel, die raaisel omtrent die snelgeweer oplos en ook uitvind wat van hulle een manskap geword het, wat spoorloos verdwyn het. Teuns probeer ʼn blufspel maar dit misluk en word hy gevange geneem en voor ʼn onmoontlike keuse gestel. Hierna gebeur die een ding vinnig op die volgende. Op ʼn kritieke oomblik daag daar ʼn vliegtuig op en in die proses sterf een van die mense in die kamp op ʼn eienaardige wyse. Dit gee vir Teuns die geleentheid om een dag langer te kan lewe om sodoende te kyk of hy al die raaisels kan oplos en homself kan bevry van sy gevangeneming. Nooit het hy kon droom wat hy alles daar sou vind nie en een daarvan verander sy lewe onherroeplik op die mees kritiese oomblik...

Bewertungen und Rezensionen

5.0
1 Rezension

Autoren-Profil

FRANCOIS ALWYN VENTER - FA VENTER (MEIRING FOUCHE, ELSKE TE WATER, RENE STEGMANN, MARIUS DE JONG)

FA Venter is ’n Hertzog-pryswenner vir literatuur en prosa. Hy is in Hopetown gebore en gradueeer in 1938 aan die Universiteit van Stellenbosch. Die jong FA Venter se skryftalent is vroeg reeds as joernalis waarneembaar en hy skryf ʼn reeks boeke en gedigte wat die Afrikaanse leser diep raak, onder ander sy seminale werke Wit oemfaan, Die middag voel na warm as, Swart Pelgrim, Kambro-kind, Man van Ciréne en Geknelde Land.

FA Venter skryf verder avontuurverhale vir jonger lesers, onder die byname Meiring Fouchè, Elske te Water, Renè Stegmann en Marius de Jong. In sy later jare boer FA Venter in die Kenhardt-distrik en op die plaas Cirène, net buite Vredendal in die Olifantsriviervallei. Dié geëerde en gevierde skrywer bring sy laaste jare in Strand deur en ontvang ook ander belangrike toekennings vir sy werk, onder andere die Ruitertrofee van die Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse, die Andrew Murray prys en ʼn ere-doktorsgraad aan die Universiteit van Port Elizabeth. Hy sterf in 1997.

Francois Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 July 1997) was a prominent Afrikaans writer of the 20th century. His novels explored biblical religious themes or cultural identities in the South African context. He was born in Hopetown and grew up on his parents' farm in the Britstown district. He studied at theUniversity of Stellenbosch and commenced a career as journalist in 1938. For 25 years he worked as a journalist in Cape Town, Pretoria, Windhoek and Johannesburg. He also wrote popular fiction, under the pseudonyms Meiring Fouché, Elske te Water, René Stegmann and Marius de Jongh. 

F.A. Venter received the Hertzog Prize for prose in 1976 for his novels Swart Pelgrim and Geknelde land. For Kambro-kind he received the ruitertrofee (equestrian trophy) of the Suid-Afrikaanse Federasie van Rapportryerskorpse in 1982. In 1981 the University of Port Elizabeth awarded him the honory degree D. Litt in recognition for his writings. In 1996 he received the Andrew Murray Prize for Literature. He was in addition a member of theMaatschappij der Nederlandse Letterkunde (a Dutch society for literature). F.A. Venter died in 1997.

(Info obtained from Wikipedia).

https://www.softcoverbooks.co.za

One of my lifelong passions is writing short stories, as well as editing and republishing the works of renowned authors, ensuring that these exceptional stories are rediscovered and enjoyed by a new audience.

Dieses E-Book bewerten

Deine Meinung ist gefragt!

Informationen zum Lesen

Smartphones und Tablets
Nachdem du die Google Play Bücher App für Android und iPad/iPhone installiert hast, wird diese automatisch mit deinem Konto synchronisiert, sodass du auch unterwegs online und offline lesen kannst.
Laptops und Computer
Im Webbrowser auf deinem Computer kannst du dir Hörbucher anhören, die du bei Google Play gekauft hast.
E-Reader und andere Geräte
Wenn du Bücher auf E-Ink-Geräten lesen möchtest, beispielsweise auf einem Kobo eReader, lade eine Datei herunter und übertrage sie auf dein Gerät. Eine ausführliche Anleitung zum Übertragen der Dateien auf unterstützte E-Reader findest du in der Hilfe.