Die Erflating

· Penguin Random House South Africa
Էլ. գիրք
190
Էջեր
Կարելի է ավելացնել
Գնահատականները և կարծիքները չեն ստուգվում  Իմանալ ավելին

Այս էլ․ գրքի մասին

Adri is die oudste Malandogter, grootgemaak om haar pa se plek as hoof van AM Holdings in te neem. Toe Adriaan Malan sterf, word die mat onder Adri uitgeruk. Haar pa het sy beherende aandeel verkoop – aan ’n vreemdeling.

Wouter Mouton glo sy is bloot finansiële direkteur danksy haar pa se invloed. Sy moet met hom saamwerk, haarself bewys, terwyl sy haar verwerping deur haar pa moet verwerk.

Dit word ’n stryd om oorlewing, professioneel en emosioneel. Sy is nie bestand teen Wouter se aantrekkingskrag nie. Boonop word haar geloofwaardigheid by die maatskappy gesaboteer. Wil hy van haar ontslae raak?

Adri moet verwoed vure doodslaan, staande bly, maar dit word mettertyd oorweldigend. En sy durf nie kwetsbaar wees nie.

Հեղինակի մասին

Sophia Kapp het in Durban grootgeword en het as enigste kind vroeg geleer dat boeke baie goeie geselskap kan wees. Sy het ná haar universiteitsopleiding in Bloemfontein as ’n Afrikaans-dosent begin werk, maar intussen was sy al alles, van ’n barrista tot ’n persoonlike assistant tot ’n boekhouer in ’n bank. Sy skryf oor die liefde, tussen die held en die heldin, natuurlik, maar ook liefde tussen ouers en kinders, susters, vriendinne. En oor al die ander aspekte wat ook deel is van liefdesverhoudings – onsekerheid, hartseer, verlies, verraad, egskeiding, vertroue, vervulling, geborgenheid. Daardeur wil sy vrouekarakters skep wat vir moderne Afrikaanse lesers geloofwaardig is, mense met loopbane, geskiedenisse, issues, giftige vorige verhouding ... Vroue wat binne ’n geloofwaardige storie liefde saam met ’n geloofwaardige held vind. Sophia het drie ATKV-Woordveertjies vir liefdesromans ontvang en sy het ook al ’n paar Romanzas by LAPA Uitgewers gepubliseer. Wanneer sy nie stories skryf nie, is sy die taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), die ma van ’n student en die ounooi van twee bedorwe honde.

Գնահատեք էլ․ գիրքը

Կարծիք հայտնեք։

Տեղեկություններ

Սմարթֆոններ և պլանշետներ
Տեղադրեք Google Play Գրքեր հավելվածը Android-ի և iPad/iPhone-ի համար։ Այն ավտոմատ համաժամացվում է ձեր հաշվի հետ և թույլ է տալիս կարդալ առցանց և անցանց ռեժիմներում:
Նոթբուքներ և համակարգիչներ
Դուք կարող եք լսել Google Play-ից գնված աուդիոգրքերը համակարգչի դիտարկիչով:
Գրքեր կարդալու սարքեր
Գրքերը E-ink տեխնոլոգիան աջակցող սարքերով (օր․՝ Kobo էլեկտրոնային ընթերցիչով) կարդալու համար ներբեռնեք ֆայլը և այն փոխանցեք ձեր սարք։ Մանրամասն ցուցումները կարող եք գտնել Օգնության կենտրոնում։