Die Eiland: 'n distopiese jeugroman

Die Eilandreeks 1권 · Dutch Venture Publishing
4.3
리뷰 102개
eBook
100
페이지
적용 가능
검증되지 않은 평점과 리뷰입니다.  자세히 알아보기

eBook 정보

'Ek loop aan see toe. Die branders borrel en skuim oor my kaalvoete. Seemeeue skree bokant my kop. Die eindelose oppervlakte van die water strek tot aan die horison, watter kant toe ek ookal kyk.

Ons wereldjie is klein... Ons is op ons eie, en ons het net die Krag diep binne-in ons om op staat te maak. As ek hiervandaan in 'n westelike rigting sou loop, sou ek by 'n versperring kom: die muur. Daaragter is Dwase. Volgens ons voorouers mag ons nie oor die muur klim nie.Die Dwase glo nie in hulle eie Krag nie. In plaas daarvan glo hulle aan iets buite hierdie wereld, wat hulle gaan red.Niemand wil met sulke idiote meng nie.' 

Leia woon op die eiland, 'n wereld waar kinders hulle ouers verlaat wanneer hulle tien jaar oud word, om na hulleself om te sien. Oor hierdie eiland is 'n muur gebou waaroor niemand nog ooit geklim het nie. Die Dwase wat aan die ander kant woon, is nie vatbaar vir rede nie. Hulle glo in illusies. Dit is volgens die Boek, al wat die Oostelike Eilandbewoners se voorgeslagte aan hulle nagelaat het.

Maar dan spoel 'n vreemde man op die strand uit, en Leia ontmoet 'n Dwaas van aangesig tot aangesig. En haar lewe is nooit weer dieselfde nie. Is dit wat sy en haar vriende omtrent die eiland glo, regtig waar?

Of is almal in hulle wereld inderdaad Dwase?


Boek 2 in hierdie reeks is ook beskikbaar!

평점 및 리뷰

4.3
리뷰 102개

저자 정보

 Jen Minkman (1978) is in Nederland gebore, en het in Oostenryk, Belgie en Groot Brittanje gewoon tydens haar studentejare. Sy het op die ouderdom van drie jaar leer lees en het sedertdien nog nie opgehou nie. Haar geliefkoosde onderwerpe is (jeugboeke) paranormaal/fantasie, wetenskapsfiksie, distopies en romans, en dit word weerspieel in die boeke wat sy skryf. In haar eie land is sy as handelsgepubliseerde skrywer bekend vir haar paranormale romans en kinderboeke. In die buiteland gee sy self haar gedigte, paranormale romans en distopiese fiksie uit.

Sy woon tans in Den Haag saam met haar man en twee raserige sebravinkies.

이 eBook 평가

의견을 알려주세요.

읽기 정보

스마트폰 및 태블릿
AndroidiPad/iPhoneGoogle Play 북 앱을 설치하세요. 계정과 자동으로 동기화되어 어디서나 온라인 또는 오프라인으로 책을 읽을 수 있습니다.
노트북 및 컴퓨터
컴퓨터의 웹브라우저를 사용하여 Google Play에서 구매한 오디오북을 들을 수 있습니다.
eReader 및 기타 기기
Kobo eReader 등의 eBook 리더기에서 읽으려면 파일을 다운로드하여 기기로 전송해야 합니다. 지원되는 eBook 리더기로 파일을 전송하려면 고객센터에서 자세한 안내를 따르세요.