Bloed Spoor in die Donker

· Babelcube Inc.
5,0
1 review
E-boek
214
Pagina's
Geschikt
Beoordelingen en reviews worden niet geverifieerd. Meer informatie

Over dit e-boek

Moderne Afrika ... met antieke oortuigings. Saam met vrees, kom krag. Reis diep in die Kongo-Delta saam met Piet van Zyl, safari jagter, en Veronica Strydom, Afrikaanse kultuur deskundige, soos wat hulle dieper ingetrek word in die web van bygelowe en vrees.
Hulle kom van aangesig tot aangesig met die geheime sekte wat na vore kom uit die donker verlede en nou in die nag loop. Ervaar die bygelowe, rituele, en toordery van die moordenaars bekend as Die Luiperd Mans, want die geskiedenis herhaal homself in 'n orgie van rituele moorde en bloed wellus.

Beoordelingen en reviews

5,0
1 review

Over de auteur

Paul Zunckel is gebore in 1957 in Zimbabwe, toe bekend as Rhodesië. Sy gesin verhuis na Suid-Afrika in 1966, waar hy sy skoolopleiding aan Kingsway Senior High School in Amanzimtoti voltooi.
Hy het sy twee jaar Nasionale diens in die Suid-Afrikaanse Weermag gedoen as 'n Ops Medic, hy wou sy hart volg en medisyne bestudeer, maar die lewe het sy eie pad gehad.
Paul word in diens geneem deur Lug Beheer vir twintig jaar, en hy was betrokke in bestuursposte vir meer as vyf en twintig jaar. Hy het 'n Menslike Hulpbronbestuur Diploma, en is 'n geakkrediteerde fasiliteerder.
Hy het begin om voltyds te skryf in Augustus 2014, oor iets wat naby aan sy hart is ... Afrika. Die geheime, die bygelowe, en al die skoonheid en verraad van die land. Hy hou sy vrou verantwoordelik vir die pad wat hy nou reis, want sy was die dryfkrag agter hom in sy debuutbundel, Bloed Maan oor Afrika. Sedertdien het die stories in ‘n ry gestaan om vertel te word.
Paul is lief om te skryf want dit neem hom na 'n ander wêreld, en hy geniet die reaksie wat hy ontvang van lesers.
Afgesien van die skryf van romanse, speel hy ook kitaar en skryf sy eie materiaal, hoewel hy nie in staat is om musiek te lees nie. Musiek vorm 'n groot deel van sy lewe, en hy kan aanspraak maak op een CD, hoewel hy sê, "Ek is te oud om 'n held te wees."
Hy het twee kinders uit 'n vorige huwelik, en is getroud met Lucie, die liefde van sy lewe, vir die laaste veertien jaar. Paul en sy gesin woon in die Oos-Kaap, Suid-Afrika saam met sy beste vriend wat ‘n man kan hê, 'n kruising tussen ‘n Alsatian/ Lab wat antwoord om die naam "Pooch" en wat by sy voete lê elke keer wat hy gaan sit om te skryf en nie sal beweeg totdat "sy mens " klaar is en Die Einde tik nie.

Dit e-boek beoordelen

Geef ons je mening.

Informatie over lezen

Smartphones en tablets
Installeer de Google Play Boeken-app voor Android en iPad/iPhone. De app wordt automatisch gesynchroniseerd met je account en met de app kun je online of offline lezen, waar je ook bent.
Laptops en computers
Via de webbrowser van je computer kun je luisteren naar audioboeken die je hebt gekocht op Google Play.
eReaders en andere apparaten
Als je wilt lezen op e-ink-apparaten zoals e-readers van Kobo, moet je een bestand downloaden en overzetten naar je apparaat. Volg de gedetailleerde instructies in het Helpcentrum om de bestanden over te zetten op ondersteunde e-readers.