Azadi Reeks 1 & 2

· Babelcube Inc.
E-boek
394
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Dokter Margaret se seekis
Dokter Margaret se seekis, is Boek I van ʼn trilogie van historiese fiksie wat afspeel gedurende die stryd van Indië vir vryheid—Azadi—van die Britse Raj. Die boeke weef ʼn verhaal van internasionale intrige, konflik, en aangrypende liefde tussen interessante karakters van daardie era.
In 1965 is ʼn seekis van meer as 100 jaar oud, vermoedelik dié van ʼn Amerikaanse dokter, Margaret, ontdek in die stoorkamer van ʼn hospitaal in Delhi. ʼn Ander Amerikaanse dokter, Sharif, wat oorspronklik afkomstig is uit Delhi en op kontrak is by die hospitaal, is toevertrou met die taak om die geheimsinnige vrou se familie op te spoor en die kis aan hul terug te besorg. Sharif spoor Margaret se nageslag in Grimsby, Ontario, Kanada op. Haar dagboeke en ander artefakte, soos die kroon van die Koninkryk van Jhansi, is in die kis gevind.
Margaret, gebore in New Jersey uit ʼn Skotse Presbiteriaanse klerklike familie, oorwin geweldige struikelblokke en bereik haar hartsbegeerte in 1850 om een van die eerste Noord-Amerikaanse vroue dokters te word. Sy trou met haar Kanadese neef, Robert, en reis saam met hom om in die Krimoorlog van 1854 te dien. In die Krim kry hul nie net swaar met al die veldslae nie, maar moet ook ander konflikte verduur.
Van gebeure wat gelei het tot en na die berugte Charge of the Light Brigade, ontmoet Margaret ʼn Russiese offisier, graaf Nicholai. Die verrassende einde van Boek I laat Margaret in ʼn verknorsing, moet sy wraak neem of moet sy voortgaan met haar reis na Indië. Op die ou end glo sy, sy het die regte besluit gemaak.
********************************************
“[Waheed] se weergawe van die Indiese Rebellie uit ʼn Indiese oogpunt is fassinerend vir die Westerse leser en behoort goed ontvang te word ...”
– Ian Walker, skrywer van LOCA
Dokter Margaret in Delhi is Boek 2 van Die Azadi Reeks en ‘n vervolg op, Boek 1: Dokter Margaret se Seekis. Hierdie h

Meer oor die skrywer

Waheed Rabbani is gebore in Indië, naby Delhi, en is voorgestel aan Victoriaanse en ander Engelse romans, op ʼn baie jong ouderdom, in die biblioteek van sy vader. Die meeste van die groot aantal volumes was deur sy pa gekoop by ‘garage sales’ wat deur vertrekkende Britse staatsdiensbeamptes verkoop was in die laaste dae van die Raj.
Waheed het skoolgegaan by St. Patrick’s High School in Karachi, Pakistan. Hy het gegradueer vanaf Loughborough Universiteit, Leicestershire, Engeland en het ʼn Meestersgraad by Concordia Universiteit in Montreal, Kanada verwerf. Alhoewel ʼn ingenieur van beroep, is Waheed se ander liefde die lees en skryf van Engelse letterkunde, wat hom gelei het om ʼn Sertifikaat in Kreatiewe Skryfwerk van McMaster Universiteit te verkry en met sy fiksie skryfwerk te begin.
Waheed en sy vrou, Alexandra, is nou gevestig op die oewer van Lake Ontario in die historiese dorp van Grimsby

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.