Lisa Steyn keer ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie. Dit was hý wat haar destyds Londen toe gestuur het sodat sy weg van Carel kon wees.
Toe sy Tafelberg weer sien, is die herinnering aan die pyn wat sy destyds ervaar het, baie fel. Nie net liggaamlik ná haar ongeluk toe nie, maar ook emosioneel. Maar gelukkig lyk die prentjie nou anders. Sy is gereed om haar regmatige plek te eis. Haar wonde en hart het intussen genees. Londen het immers alles gebied wat sy nooit in Suid-Afrika gehad het nie. Sy het mense ontmoet wat nader as familie geword het. Sy is die skepper van ’n baie gewilde blog en het twee boeke uitgegee.
Haar huis in Italië wag op haar waarheen sy kan terugkeer sodra haar sake op die De Villierse se wynplaas Assordante afgehandel is. Lisa se aansoek as versorger vir Carel en Johann se pa wat ’n beroerte gehad het, is suksesvol, en sonder dat sy dit beplan het, verander dit die koers van haar lewe ...
Romantische fictie
Звесткі пра аўтара
Didi Potgieter woon op Potchefstroom. Haar eerste Romanza, Leer my liefhê verskyn in Januarie 2014 en daarna sien vele ander Romanzas, Super-Romanzas en Novelles die lig. Met soveel onvertelde stories in haar kop en hart, hoop sy om nog lank liefdesverhale te skryf. Didi wen in 2018 die ROSA Imbali-toekenning met Liefde vir ’n Ridder en in 2021 vir As dit voel soos Liefde. Didi was ook al drie keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys vir romanse.
Ацаніце гэту электронную кнігу
Падзяліцеся сваімі меркаваннямі.
Чытанне інфармацыb
Смартфоны і планшэты
Усталюйце праграму "Кнігі Google Play" для Android і iPad/iPhone. Яна аўтаматычна сінхранізуецца з вашым уліковым запісам і дазваляе чытаць у інтэрнэце або па-за сеткай, дзе б вы ні былі.
Ноўтбукі і камп’ютары
У вэб-браўзеры камп’ютара можна слухаць аўдыякнігі, купленыя ў Google Play.
Электронныя кнiгi i iншыя прылады
Каб чытаць на такіх прыладах для электронных кніг, як, напрыклад, Kobo, трэба спампаваць файл і перанесці яго на сваю прыладу. Выканайце падрабязныя інструкцыі, прыведзеныя ў Даведачным цэнтры, каб перанесці файлы на прылады, якія падтрымліваюцца.