Om jou te Ken

· Pan Macmillan South Africa · Narrated by Crystal Donna Roberts
Audiobook
3 hr 4 min
Unabridged
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn more
Want a 15 min sample? Listen anytime, even offline. 
Add

About this audiobook

Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword. Al wat hulle nou gemeen het, is die bloed in hulle are. Gelukkig het Gabby goeie vriende en dalk selfs iets meer as net vriendskap met Brandon... Toe die matriekgroep van Barkly-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat sy per ongeluk Georgia se dagboek ingepak het. Kort voor lank kry haar nuuskierigheid die oorhand en begin sy haar niggie se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit. Nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se raadgee-pogings kan die spanning verlig nie. Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of gaan dit daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan? En wat van Brandon? Gaan hy aanhou om haar te vermy nadat Georgia stories oor haar versprei het, of sal hulle steeds saam matriekafskeid toe gaan?

About the author

Cliffordene is ’n trotse kaalvoetkind van Barkly-Wes in die Noord-Kaap. Sy het haar BA honneurs in joernalistiek aan die Noordwes-universiteit, Potchefstroom, voltooi en haar loopbaan by Volksblad as vertaler begin. Sy was ook al ’n uitgewer en joernalis, en is tans werksaam by die Noordwes-universiteit as kopieskrywer in die bemarkingsafdeling. Sy hou van lees en speelse sarkasme op die regte tyd, en is verslaaf aan springmielies en cinnamon buns! Daar het reeds meer as twintig kortverhale uit haar pen verskyn. Om jou te ken is haar eerste boek.

Rate this audiobook

Tell us what you think.

Listening information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can read books purchased on Google Play using your computer's web browser.