Blou sjokolade

· LAPA Publishers · Lest av Carla Smith
5,0
1 anmeldelse
Lydbok
3 t 59 min
Uforkortet
Vurderinger og anmeldelser blir ikke kontrollert  Finn ut mer
Vil du ha et utdrag på 24 min? Lytt når som helst – selv uten nett. 
Legg til

Om denne lydboken

Blou sjokolade is die derde boek in hierdie humoristiese en romantiese tienerreeks oor Elle Kroon se avonture. Die vorige twee boeke is Kondensmelk en Koshuiskoffie. Die boeke volg op mekaar, maar kan ook as enkeltitels gelees word. In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie – en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ... Vervaardig en opgeneem deur BiB.Africa. Voorgelees deur Carla Smith.

Vurderinger og anmeldelser

5,0
1 anmeldelse

Om forfatteren

Christien Neser het grootgeword in Bloemfontein en Pretoria. Sy het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en by Tukkies as spraakterapeut gekwalifiseer. Sy het ook ‘n honneurs in Frans by UNISA en ‘n MA in Toegepaste Linguistiek en Vertaling by UJ voltooi. Tans woon sy saam met haar man en honde in Bryanston, Johannesburg. Hulle het drie kinders (Louise, Michael en Chris) wat al uit die nes uit is. Bedags werk sy deeltyds as spraakterapeut en saans skryf sy. Ander belangstellings van Christien sluit in: Franse klasse, tandem-fiets ry, lees en tuinmaak. In haar praktyk spesialiseer sy in lees en meertaligheid. Die gesin hou van aktiewe vakansies, soos fietstogte en 4X4 toere. Die Elle-reeks het ontstaan op ‘n kampeervakansie in Botswana. Die reeks is gemik op tienermeisies (van alle ouderdomme) wat hou van ‘n aweregse heldin, humor en romanse.

Carla Smith is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat veral bekend is vir haar hoofrol as Kittie Claasen in die kykNET-dramareeks Tydelik Terminaal. Sy behaal haar Baccalaureus Drama-graad (2016-2018) aan die Universiteit van Stellenbosch. Carla het in Maart 2016 haar televisie-akteursdebuut gemaak in die gasrol van Suster Breedt in seisoen 11 van die kykNET-sepie Binnelanders. In 2017 vertolk ook die rol van Mia in die kortfilm Die Maan Val Bewusteloos.

Vurder denne lydboken

Fortell oss hva du mener.

Lytteinformasjon

Smarttelefoner og nettbrett
Installer Google Play Bøker-appen for Android og iPad/iPhone. Den synkroniseres automatisk med kontoen din og lar deg lese både med og uten nett – uansett hvor du er.
Datamaskiner
Du kan lese bøker du har kjøpt på Google Play i nettleseren på datamaskinen din.