Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor โn trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met โn moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lรช leweloos in โn luukse hotel op Hermanus.
Hande om Storm te help met die ondersoek nรก Beebee se dood is min, want protesaksie lรช die dorp lam. Boonop sweep โn charismatiese profeet die skare tot โn histerie op.
Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self โn teiken.
Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou โn privaat speurder, om โn skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor.
Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van โn sneltrein.